Script Afrikaans

Introduksie

Informasie & Notas

Goeie dag, jy praat met –A–fullname–B–, ek skakel vanaf InShoor namens AVBOB, mag ek asseblief met –A–first_name–B– –A–last_name–B– gesels?Great, baie dankie!

Ek bel in verband met die GRATIS AVBOB-kwotasie wat jy aanlyn versoek het, is dit ‘n gerieflike tyd om gou met jou daaroor te gesels? Awesome, dankie!

Voordat ek begin, moet ek jou laat weet dat ons oproepe vir kwaliteit en sekuriteits-redes opgeneem word, en ‘n afskrif daarvan sal op versoek aan jou beskikbaar gestel word. Ek is ‘n gemagtigde verteenwoordiger van InShoor, FSP nommer 43216 en ek lewer finansiële dienste onder toesig op ‘n geen-advies basis. Ek is gemagtig om finansiële dienste op produkte soos begrafnis-polisse te verskaf.OK?

Moet melding maak van oproepe VANAF InSHoor, en namens AVBOB.

LET WEL: Indien “Ja” voortgaan, indien “Nee”, skeduleer dan ‘n tyd om terug te bel.

Maak Goeie Notas op Call Back!

Voorlegging

Informasie & Notas

–A–first_name–B–, AVBOB het ‘n opwindende “Cashback Begrafnisplan” wat dekking bied indien jy, of enige versekerde familie-lid sou sterf.

Eerstens, met hierdie uitstaande polis, as jy besluit om van AVBOB Begrafnisdienste gebruik te maak om die begrafnis, of verassing te doen, kwalifiseer jy vir tot op R17 500* in GRATIS begrafnis-voordele. Hierdie gratis voordele is bo en behalwe die versekerde dekkings-bedrag, ek is seker jy sal saamstem, dit is altyd goed om bietjie gratis voordele te kry, nie waar nie? Wag vir die klient om te se ja en dan stem saam met hulle.

–A–first_name–B–, ek wil net gou uitvind, is u bewus van die koste wat u, of u gesin sal moet aangaan sou iemand afhangklik van U sterf? – Wag vir ‘n antwoord en gee hulle die gemiddelde koste as hulle nie weet nie.

AVBOB wil jou graag met hierdie uitgawes help, deur vir jou ‘n begrafnis-plan aan te bied, wat jou met KONTANT sal beloon, vir elke vyf jaar wat jy NIE eis nie. Ja, jy hoor reg, indien daar vir vyf jaar GEEN eis was nie, sal AVBOB aan jou AL die premies wat jy in elke vyfde jaar betaal het, terugbetaal – in kontant.

–A–first_name–B–, jy kan ook self die dekkings-bedrag kies wat vir jou die beste sal werk, die polis begin by R10,000 en gaan al die pad op tot by R50,000.

Nog ‘n ingesluite voordeel van die AVBOB polis, is dat indien die hoofversekerde persoon sou sterf weens ‘n ongeluk, byvoorbeeld, ‘n motorongeluk, of enige onnatuurlike oorsaak, byvoorbeeld om doodeskiet te word in ‘n motorkaaping, sal AVBOB die versekerde bedrag verdubbel, tot ‘n maksimum van R20,000. Dit is ook goed om te weet, dat vir toevallige dood, soos ‘n hartaanval, sal daar GEEN wagtydperk wees nie, jy is gedek vanaf die heel eerste premie wat ontvang word.

–A–first_name–B–, om vir jou ‘n GRATIS kwotasie te gee, al wat ek nodig het is om gou vir jou 5 vinnige vrae te vra. LET WEL: Indien klient hier se “Nee” hanteer dan enige beswarings, en gaan voort met volgende vraag.

Net om gou eers seker te maak, sal jy die premiebetaler en hoofversekerde persoon van die polis wees?OK Perfek!

Indien JA is die polis: J18

Indien NEE is die polis: J19

Onthou: Op J19 sal die aansoeker geen dekking onder die polis geniet nie, tensy hulle ook as ‘n gade, ouer of uitgebreide familielid gedek is.

Kwotasie (Pre-Qualifying) Afdeling:


  1. Ok, eerstens, kan jy asseblief vir my jou geboortedatum verskaf? Dankie ek waardeer dit!
  2. Volgende, in watter dekkingsbedrag sal jy belangstel, moet ons vir eers die kwotasie begin met R20 000, of dink jy dat jy meer dekking sal benodig? – Geen probleem, ons kan altyd die bedrag later verhoog of verminder soos nodig.
  3. Dan, is jy getroud en het jy enige kinders wat jy graag sal wil insluit? Perfek, baie dankie.
  4. Indien jy sou voortgaan vandag, beplan jy om enige ander begrafnispolis te vervang met die een? Dankie (Onthou jy moet later “Replacement Polis” bewoording lees)
  5. Laastens, het jy ouers of enige ander familie lewens ook om te dek? Great!

Lees slegs vir J18: – Die plan sluit ook ‘n GRATIS Broodwinner-voordeel in. Hierdie voordeel sal verseker dat jou gade, kinders, en ouers gedek sal bly na jou dood, sonder om ENIGE verdere premies te betaal. Sou jy sterf nadat jou polis vir 10 jaar of langer van krag was, sal jou uitgebreide familielede, indien gedek, ook gedek bly. Dit is goed om te weet die mense wat agter bly, word nog steeds na gekyk, ne?Wag vir ja en stem saam met die klient.

Lees SLEGS indien die kliënt ‘n lewens maat het:


Onhou, jou gade kan onder die polis gedek word vir dieselfde versekerde bedrag as jy, of minder, maar nie minder as R10 000 nie. – Capture die gade details in die calculator en gaan voort

Lees SLEGS as die kliënt kinders het: (KV5/KV6/KV7)


–A–first_name–B–, jy kan al jou ongetroude eie, stief- of wettig aangenome kinders onder die ouderdom van 21 jaar byvoeg, dit maak nie saak hoeveel jy by sit nie, jy sal net vir een kind betaal. Dit is goed om te weet, ne?Wag vir ja.

Net sodat jy weet, indien ‘n kind die ouderdom van 21 jaar bereik en steeds voltydse studente by ‘n geregistreerde opvoedkundige instelling is, sal hulle steeds gedurende hul studietydperk onder hierdie polis gedek bly, maar nie nadat hulle die ouderdom van 25 jaar bereik het nie.

Die versekerde bedrae en premie is: (Gee slegs relevante opsies)

Ouderdom en Premium KV5 KV6 KV7

21 – 25 (Student) R10 000 R15 000 R30 000
14 – 20 jaar R10 000 R15 000 R30 000
6 – 13 jaar R6 000 R10 000 R20 000
0 – 5 jaar (Stillborn) R3 000 R7 500 R10 000
Maandelikse Premie R21.00 R37.00 R67.00

Wil jy al jou kinders bysit, en is daar dalk enige ander kinders wat moet bykom? Capture die details in die calculator en gaan voort

Lees SLEGS as die kliënt Ouers het: (OV6)


–A–first_name–B–, wat wonderlik is om ‘n Cashback-begrafnispolis te hê, is dat jy ook jou ouers en skoonouers kan dek. Dekkingsopsies vir ouers wissel van R5 000 tot R30 000.

Wil jy hê ek moet jou ouers of skoonouers by die kwotasie insluit? Capture die details in die calculator en gaan voort

Lees SLEGS as die kliënt uitgebreide familie het: (EX6) – Extended Family


Omdat AVBOB verstaan ​​dat familie altyd eerste kom, kan jy ook tot 6 van jou uitgebreide familielede byvoeg, dit is byvoorbeeld, jou broers en susters, ouma en oupa, kleinkinders, ens. Dekkings-opsies beskikbaar vir uitgebreide familielede familie is tussen R5 000 tot R30 000 Wie van jou uitgebreide familie moet ek by die kwotasie insluit? – Onthou, ons kan altyd weer hier verander later as dit nodig is.

Hoe is jy verwant aan hierdie persoon(e)? – –A–first_name–B–, sal jy ‘n finansiële verlies ly, as enige van jou (verwantskappe) bo sou sterf? – Sal jy byvoorbeeld moet help betaal vir die begrafnis as hierdie persoon(e) sterf? Baie dankie ek waardeer jou antwoord.

LET WEL: Indien “Ja” kry die persoon(e) se DOB en capture in calculator. Indien “Nee” gaan voort na Sales Close.

Lees SLEGS as ‘n uitgebreide familielid jonger as 6 jaar oud is, en die dekkingsbedrag meer as R20 000: Indien kinders onder die ouderdom van 6 jaar (bv. kleinkinders) onder hierdie voordeel gedek word, en voor die ouderdom van 14 jaar sterf, sal die maksimum versekerde bedrag betaalbaar in die eisstadium R20 000 wees. Is jy met my?

Voorafsluiting: Perfek, baie dankie vir al jou vriendelikheid en geduld. Ek het alles wat ek nodig het vir nou

LET WEL: ‘n basiese begrafnis sal gemiddeld tussen R18 000 en R25 000 kos en dit sal nie ‘n grafsteen of bykomende motors, busse en tente, ens insluit nie.

VOORBEELD: As jy die R15 000 Cashback Begrafnis dekking neem en die hoofversekerde sterf in ‘n motorongeluk, sal AVBOB die versekerde bedrag van R15 000 plus ‘n bykomende bedrag van R15 000 uitbetaal. Of as jy die R50, 000 Cashback Begrafnisdekking en sterf in ‘n ongeluk, sal AVBOB die versekerde bedrag van R50,000 plus ‘n addisionele bedrag van R20,000 uitbetaal. – Moet voor hul 60ste verjaardag wees, en binne 90 dae NA die ongeluk. (Maximum R20 000) Indien ‘n persoon die hoofversekerde is EN die premies betaal: J18 (Jonger as 64 jaar) Indien die persoon iemand anders wil dek en slegs die premiebetaler wil wees: J19.

NOTA: Maak vir jouself notas op papier wat die klient hier antwoord, jy kan dan later die onnodige dele van die script skip.

NOTA: Neem asb kennis dat versekerbare belang moet bestaan ​​tussen jou en enige uitgebreide familielid wat onder hierdie voordeel ingesluit is – wat beteken dat ‘n finansiële verlies gely moet word wanneer hulle sterf

Sluiting – Sales Close

Informasie & Notas

Sales Close 1:


So, –A–first_name–B–, vir ‘n maandelikse premie van slegs Rxxx, kan ek maar voortgaan om hierdie ongelooflike dekking vir jou te reël?

Indien Ja – Perfek, baie dankie vir die geleentheid om jou te kan help vandag, kan ek reël dat jou polisdokumente gestuur word na –A–email–B– of het jy ‘n ander e-posadres waarheen ons dit kan stuur? – Gaan voort na Excel aplikasie en kry alle uitstaande inligting. GOOD JOB – IT’S A SALE!

Indien Nee – Ek verstaan ​​dat jy dalk nog nie heeltemal oortuig is nie, onthou, as ‘n bykomende voordeel, sal AVBOB vir jou, en al die ander versekerde persone op jou polis, ‘n GRATIS begrafnis gee.

In kort, vir dekking van 24 maande of meer, sal alle volwassenes en kinders bo die ouderdom van 14 jaar, ‘n GRATIS basiese begrafnis, ter waarde van R12 765 ontvang. Dit sluit dan in ‘n basiese kis, gebruik van die lykswa, en ander reëlings vir die begrafnis in, PLUS R2 500 in vooraf kontant, wat kan gebruik word vir kos, of enige ander reëlings. PLUS jy kry ook GRATIS vervoer van die oorledene binne Suid-Afrika, mits die begrafnis deur AVBOB Begrafnisdienste gedoen word. Ek is seker jy sal saamstem, dat die gratis begrafnis voordeel, die proses baie kan vergemaklik, sal dit nie? – Wag vir “JA” en gaan voort na Sales Close 2.

Sales Close 2:


–A–first_name–B–, ek is seker jy sal saamstem dat Rxxx per maand, ‘n klein prys is om te betaal vir die gemoedsrus, met die wete dat jy, of jou gesin, in goeie hande sal wees in ‘n tyd van nood. Maak dit vir jou sin?

Indien Ja Perfek, kan ek reël dat jou polisdokumente gestuur word na –A–email–B– of het jy ‘n ander e-posadres waarheen ons dit kan stuur? – Baie dankie! Laat ek gou ‘n paar besonderhede vaslê, dit sal net ‘n paar minute neem. Gaan voort na Excel aplikasie en kry alle uitstaande inligting. GOOD JOB – IT’S A SALE!

Indien Nee – Ek vertsaan –A–first_name–B–, op hierdie stadium vra ek my kliënte wat soos jy voel altyd dieselfde vraag, wat pla jou op die oomblik, is dit die polisvoordele, of die premies wat jou ongemaklik laat voel? Hanteer beswaring, indien dan wer nee, bedank die kliënt vir sy tyd en beëindig die oproep.

Volwassenes en kinders 14 jaar en ouer:

1. Minder as 6 maande – 24 maande: Natuurlike oorsake kry jy R4 000 afslag en gratis vervoer 2. Meer as 24 maande. Volle gratis voordele

Kinders 1 – 13 jaar of minder as 6 maande:

1. Minder as 6 maande natuurlike oorsake – 15% (Maks R1 220) afslag op gespesifiseerde kis/dienste 2. Minder as 6 maande natuurlike oorsake – R1 220 afslag, gratis vervoer. 3. Meer as 24 maande: Gratis basiese begrafnislykswa ter waarde van R7 852 (R5827 doodgebore), gratis vervoer, en R2 500 kontant

Oorlewings Voordeel (Optioneel)

Informasie & Notas

–A–first_name–B–, daar is ook ‘n optionele voordeel met ‘n bykomende premie betaalbaar. Hierdie voordeel word die oorlewings voordeel genoem, en sal die versekerde bedrag, in 6 gelyke paaiemente betaal, na die dood van die hoofversekerde, en/of die gade, om die gesin te help om die verlies van die maandelikse inkomste te hanteer. Die versekerde bedrag kan dieselfde wees as die sterftedekking, tot die maksimum bedrag van R30 000, of dit kan minder wees. Hierdie voordeel is slegs op die hoofversekerde se lewe (jouself), en/of op jou gade se lewe beskikbaar.

–A–first_name–B–, wil jy hê ek moet die Oorlewende-voordeel gou vir jou insluit dat jy sien wat dit extra sal kos?

Fantasties! Die beskikbare dekkingsopsies is R10 000; R20 000 of R30 000. – Kry prys op calculator Watter dekkingsopsie sal ideaal vir jou wees?

Jou nuwe maandelikse premie wat die Oorlewende-voordeel vir jou en/of jou Gade insluit sal Rxxx per maand wees, kan ek voortgaan en hierdie dekkig vir jou reël, of wil jy hou by die oorsprongklike bedrag?

Oorlewendevoordeel slegs beskikbaar op die hoofversekerde persoon en/of die gade.

Min: R10 000

Maksimum: R30 000

Die versekerde bedrag mag nie meer as die basiese polis wees nie. Die 1ste betaling sal begin die maand nadat die doodseis betaal is.

LET WEL: Indien “Ja” vir Oorlewende-voordeel – kies die Dekkingsbedrag, indien “Nee” gaan voort vir Vervangingspolis.

Vervangings Polis – (Indien JA by Vraag 4)

Informasie & Notas

Slegs as dit ‘n plaasvervanger polis is, lees die volgende woord vir woord:

Soos reeds uitgewys, is ek slegs geakkrediteer om finansiële dienste op ‘n geen-adviesbasis te lewer, en dus, is ek nie in staat om U advies te gee, oor die vervangingsproses nie. OK?

Ek moet vra, binne 31 dae voor vandag, het u ‘n vorige polis by ‘n ander versekeraar gehad, wat dekking verskaf het, ten opsigte van soortgelyke risiko’s, met betrekking tot dieselfde versekerde persoon(e) as op die nuwe AVBOB polis?

LET WEL: Indien “Nee” gaan na Capturing van polisbesonderhede, indien “Ja”, verkry die volgende inligting van die kliënt:

  1. Verskaf asseblief die naam van die vorige versekeraar?
  2. Hoeveel maande van die wagtydperk op die polis wat vervang word, is oor?

In terme van die wag periode,

  • Indien die wagtydperk onder die vorige polis oor was, sal daar geen wagtydperk onder hierdie nuwe polis wees nie. Indien die wagtydperk onder die vorige polis nog nie verby was nie, sal die wagtydperk by AVBOB gelykstaande wees aan die onverstreke deel van die vorige polis.
  • Vir geen wagperiode, gedeeltelik of in totaal, sal bewys van die begindatum, premies tot op datum, versekerde persoon(e), versekerde bedrag, en die kansellasiedatum van die vorige polis vereis word op eisstadium.
  • Magtig jy AVBOB om bogenoemde inligting enige tyd van jou vorige versekeraar te bekom? JA/NEE
  • Hiermee bevestig jy dat jy verstaan dat die wagtydperk op die nuwe polis gebaseer is op die inligting wat hier verkry is? JA/NEE

Baie dankie, ons moet nou net vinnig die laaste paar dingetjies invul, dan is ons klaar.

NOTA: Vervanging verwys na die aksie of proses om ‘n begrafnispolis (die “vervangde polis”), geheel of gedeeltelik, met ‘n ander begrafnispolis (die “vervangingspolis”) te vervang en die aangaan of wysiging van die vervangingspolis binne 31 dae na die beëindiging van die vervangde polis.

LET WEL: Die naam van die vorige versekeraar is verpligtend, maar mens kan voortgaan sonder om van die polisnommer voorsien te word.

Indien die kliënt nog ‘n wagtydperk het, hierbo genoem. Dieselfde wagtydperk sal hier gebruik word. Indien hulle nie ‘n wagtydperk oor het nie, is die polis

SONDER ‘n wagtydperk.

Aansoek / Besonderhede

Informasie & Notas

Aansoeker se besonderhede: Vang enige uitstaande besonderhede vas.

Begunstigde se besonderhede: Die begunstigde/s ID-nommer(s) MOET verkry word en op J18 vasgelê word. Krydie volle name en van, sowel as die verhouding van die begunstigde, geen byname kan aanvaar word nie.

Less SLEGS Indien die Aansoeker NIE ‘n begunstigde het nie:

As daar geen beginstudge is nie, sal die begunstigde genomineer word as “Estate Late” van kliënt – Dit beteken dat die betaling op eise stadium dalk vertraag kan word, as gevolg van alle betalings van die polis aan u boedel betaal moet word. Verstaan ​​jy?JA/NEE

Onthou asseblief dat jy jou begunstigde se besonderhede enige tyd kan opdateer sodra jy die ID, of geboortedatum van die genomineerde begunstigde in besit het.

Gade Besonderhede: LET WEL: Die ID van die eggenoot is verpligtend. Vang die korrekte detail vas as jy dit nog nie het nie

Betalings Besonderhede:


  1. Op watter datum ontvang jy jou salaris? Gebruik hierdie datum om vas te vang as eerste opsie
  2. Verskaf asseblief vir ons die bankrekening waarheen u salaris betaal word se inligting. Gebruik hierdie rekening vir aplikasie

Maak seker jy lees die volgende vir debietorders woord vir woord:

Ek lees net gou ‘n kort stukkie in terme van die debiet-order, jy kan na die tyd antwoord.

Gee jy AVBOB toestemming, om die premie soos ooreen-gekom, uit jou bankrekening te neem. Die datum waarop AVBOB die premie sal neem, kan van maand tot maand verskil, om op dieselfde datum te wees as wanneer jy betaal word, soos deur jou werkgewer bepaal. U versoek van AVBOB om die premie van u rekening te neem, op hierdie datum, of, so na as moontlik aan hierdie datum. Hierdie toestemming sal geldig wees totdat dit skriftelik deur jou gekanselleer word. Jy verstaan ​​ook dat as twee premies in ‘n ry nie betaal word nie omdat daar nie genoeg geld in jou rekening was nie, AVBOB nie verdere premies sal aanvra nie, dit is om te verhoed dat jy hoë bankkoste vir onbetaalde debietorders moet betaal.

Ek maak net seker, verstaan, ​​en aanvaar jy wat ek sopas vir jou gelees het? JA/NEEBaie dankie!

Die aansoeker op J19 sal die premiebetaler wees en die Hoofversekerde is ‘n ander persoon.

Geen begunstigde word benodig vir J19 nie

Wanneer die polishouer op ‘n J19 sterf, kan die hoofversekerde persoon, of ‘n persoon wat genomineer is wat ‘n versekerbare belang het, binne drie (3) maande na die dood van die polishouer aansoek doen om die “Oordrag van Eienaarskap”

Om die begunstigde “Estate Late” maak, word nie aangeraai nie aangesien ‘n eis vertraag kan word.

Verklaring – 100% Verbatim – Woord vir Woord!

Informasie & Notas

Ons is amper klaar met jou aansoek, dankie vir jou geduld. Volgens die FAIS-wet moet ek die volgende belangrike besonderhede met u deel. Mnr/Mev/Me –A–first_name–B– –A–last_name–B– jy het ingestem vandag om ‘n (J-reeks of GT-reeks pensioenarispolis) uit te neem.

1) Alle J – Reeks: Is die verklaring voltooi met die beide die Aansoeker EN Premiebetaler?

2) GT – POLIS: Is die Hoofversekerde Lewe bewus van die polis wat jy op sy/haar naam uitneem?

3) J19: Was die VOLLEDIGE verklaring voltooi met BEIDE die Premiebetaler EN die Hooflewe

Debietorder-Magtiging:


Mnr/Mev/Me –A–last_name–B–, bevestig u dat u AVBOB toestemming gee om u maandelikse premie van RXXX van u bankrekening af te trek? JA/NEEWag vir ‘n duidelike “JA”, en maak seker dat die premie wat verskaf word 100% korrek is tot die sent.

Jou eerste premie sal afgetrek word op __________ (Maak seker die datum is korrek), of op die laatste op __________ (Datum van die volgende maand selfde dag, ingeval daar navrae oor die polis is wat lei tot laat indiening)

Die intree-datum van jou polis sal die eerste dag van die maand wees wat volg op jou eerste suksesvolle aftrekking. Neem asb kennis dat die aftrekkings-datum van die polis kan verskil as gevolg van die feit dat AVBOB van ‘n NAEDO-stelsel gebruik maak vir premiebetalings. Die rede waarom hulle die NAEDO-stelsel gebruik is sodat jou premie so na as moontlik aan jou salarisbetaling sal aftrek sodat geen premies gemis word nie.

Hierdie ooreenkoms sal gevolg word vir premie-aftrekkings tensy dit skriftelik gekanselleer word.

Lees SLEGS indien Kinder-/KV-voordeel van toepassing is:


Jou kind/kinders sal onder die (KV5 / KV6 / KV7) voordeel gedek word.

In die geval van die dood van ‘n minderjarige kind, ouer as 21, maar jonger as 25, sal bewys vereis word dat die kind nog ‘n voltydse student was ten tyde van die dood.

Algeme Ooreenkoms


Mnr/Mev/Me –A–last_name–B–, ek moet hierdie volgende afdeling woord vir woord lees, ek gaan dit klein bietjie vinniger probeer lees om jou tyd te spaar, stop my asseblief as jy enige vrae het. AVBOB is ‘n gemagtigde Geregistreerde Finansiële Dienste-Verskaffer, met FSP-nommer 20656.

Neem asseblief kennis dat inSHoor aktiewe, Professionele Aanspreeklikheids-versekering het. Ons ontvang ‘n industriestandaard-kommissie, in ooreenstemming met Suid-Afrikaanse wetgewing. Die kommissie word deur AVBOB betaal en sonder enige bykomende koste aan die klient.

In die geval dat premies nie ontvang is nie, kan die polis verval, dit sal beteken dat daar geen verdere dekking sal wees nie. Ons sal ons beste doen om enige gemiste betalings op te volg. Dit is belangrik om daarop te let dat jou polis nie sal begin, tensy ‘n eerste premie deur AVBOB ontvang word nie. Maak asseblief seker dat u voldoende fondse in u bankrekening het op die gekieste debiet-datum. Neem asseblief kennis dat indien u polis verval as gevolg van wanbetaling, premies NIE terugbetaalbaar sal wees nie.

Indien dood voorkom, kontak, of besoek asseblief jou naaste AVBOB-tak, of skakel 0861 28 26 21

Sou jy kies om NIE van AVBOB se Begrafnisdienste gebruik te maak om die begrafnis te reël nie, sal jy alle gratis AVBOB begrafnisvoordele verbeur. AVBOB sal altyd daarna streef om jou eis binne 48 uur na die ontvangs van alle vereiste dokumentasie te betaal.

AVBOB het die reg om die premies, sowel as die bepalings en voorwaardes van hierdie ooreenkoms te verander en te hersien, waarvan u skriftelik in kennis gestel sal word.

  • ‘n Wagtydperk van ses maande is van toepassing op dood weens natuurlike oorsake, soos ‘n hartaanval. Dit is ten opsigte van alle versekerde mense; vanaf die uitreikingsdatum van die polis, of die res van die oorspronklike wagtydperk (indien enige) wanneer die polis heringestel word. Daar sal geen wagtydperk wees vir dood as gevolg van onnatuurlike oorsake soos ‘n motorongeluk nie; selfmoord uitgesluit, mits die eerste premie betaal is en die polis begin het. Die wagtydperk vir selfmoord onder hierdie polis is ses maande.
  • Die datum waarop ons jou aansoek aanvaar, en met jou begin kommunikeer deur middel van SMS/e-pos of Whatsapp staan bekend as die polis-uitreikings-datum.
  • Neem ook kennis asb dat die gratis begrafnisvoordele slegs een keer betaal sal word, selfs al was die versekerde persoon onder meer as ‘n polis by AVBOB gedek.
  • Dekking vir al die versekerde persone (insluitend u) in terme van die polis begin op die eerste dag van die maand, waarin ons verwag om die eerste premie vir hierdie polis te ontvang. Dit staan ook bekend as die polis-begin-datum Lees asseblief u polisdokumente aandagtig deur, en bewaar dit op ‘n veilige plek. AVBOB sal jou polisdokumente binne die volgende 30 dae aan jou stuur oor die pos.
  • U kan ook polis dokumente per e-pos aanvra. Een van ons diens-agente sal oor Whatsapp kontak maak om in hierdie verband te help.
  • AVBOB bied ‘n 31-dae afkoeltydperk wat begin op die datum waarop jy die polis-opsomming ontvang, waartydens jy die reg het, om hierdie polis te wysig, of te kanselleer sonder enige koste vir jouself. Sou jy die polis kanselleer NA die afkoeltydperk van 31 dae, verbeur jy alle betaalde premies. Indien jy jou reg op die afkoeltydperk wil gebruik, kontak asb vir AVBOB direk op 0861 28262.

Nodige kontakbesonderhede:


Indien jy nie tevrede is met enige aspek van jou diens of polis nie, is jy welkom om InShoor se klagte-afdeling te kontak by 012 663 4932 – dit is ook inSHoor se direkte kantoornommer, indien jy enige ander navrae het.

Vir enige ernstige klagtes rakende jou polis, het jy die reg om die Langtermyn- en FAIS Ombudsman te kontak. Wil jy hê ek moet jou nou van hul kontakbesonderhede verskaf, of wil jy wag vir jou kontrak? 086 010 3236 / 012 470 9080

As ‘n polishouer, sal jy geregtig wees op enige onopgeëiste voordele wat aan jou verskuldig mag wees:

– Bevestig jy dat jy verantwoordelikheid aanvaar om AVBOB in te lig van enige veranderinge ten opsigte van kontakinligting van jouself of die begunstigde? JA/NEE

– Bevestig u dat al die opsporings-verwante koste, uit die on-opgeëiste bates gedra sal word, as gevolg van hierdie polis? JA/NEE

Wetgewings Vrae:


Wat wetgewing betref, moet ek jou ook ‘n paar vinnige ja/nee vrae vra:

  1. Bevestig jy dat die produk wat aangebied word geskik is vir jou behoeftes en dat die premie van Rxxx betaalbaar vir jou bekostigbaar is? JA/NEE
  2. U bevestig hiermee dat u regtens toegelaat is om hierdie kontrak met AVBOB aan te gaan, en waar nodig, het u die nodige toestemming verkry? JA/NEE
  3. Stem jy in tot die verwerking van jou persoonlike inligting, en dié van jou begunstigdes en versekerde persone? JA/NEE
  4. Stem jy in tot die verwerking van jou persoonlike inligting vir die doel om jou polis te bedien en in stand te hou, insluitend die verwerking van jou persoonlike inligting deur ‘n derde party wat namens AVBOB aangestel is? JA/NEE
  5. Bevestig u dat die inligting wat u verskaf het waar en korrek is? JA/NEE – Let asb daarop dat indien jy versuim om die korrekte inligting aan ons te verskaf dit ‘n negatiewe impak op jou eis in die eisstadium kan hê.
  6. AVBOB sal die versekerde bedrag(e) en premie(s) op die polis (asook die polisfooi) elke jaar op die polisherdenking verhoog. Hierdie datum sal op die polisskedule gewys word. Die premie(s) sal nie met meer as 10% per jaar styg nie en die versekerde bedrag(e) sal verhoog met ‘n bedrag gelykstaande aan twee derdes van die premie-persentasie-verhoging. Hierdie verhoging sal elke jaar plaasvind, solank die polis in plek is en alle premies betaal word.

Het jy in die afgelope 4 maande, enige polisse gekanselleer, of beplan jy om enige polisse te kanselleer om hierdie een te aanvaar? JA/NEE

Indien “Ja” lees asseblief die volledige verklaring hieronder:

  1. Ons seker maak dat u ‘n ingeligte besluit neem, is jy bewus daarvan dat ‘n vervanging van enige produk ‘n nadelige uitwerking kan hê, aangesien sekere fooie meer as een keer afgetrek kan word – eerstens vir jou huidige produk, en tweedens vir jou nuwe produk?
  2. Daar is ook ‘n moontlikheid dat jy meer vir jou nuwe polis kan betaal as vir die bestaande polis en die nuwe produk kan meer uitsluitings of beperkings hê

Polis Dokumente & Inwerktreding:


Laastens, een van ons vriendelike kwaliteit-beheer-dames gaan jou kontak oor die foon, of Whatsapp om die besonderhede te bevestig wat ek vandag vasgelê het. Die rede vir hierdie extra stap is net om 100% seker te maak ons ​​dien jou aplikasie in sonder enige foute. Dit vat slegs 2 min, wanneer sal die beste tyd wees om jou polisbesonderhede te probeer bevestig?

Jou polisnommer sal per Whatsapp & SMS aan jou gestuur word sodra jou polis uitgereik is, hierdie boodskap sal ook dien as bewys van jou aktiewe polis terwyl jy vir jou polis-dokumente wag.

Jou polis-dokumente sal per pos aan jou gestuur word, maar sou jy dit nie ontvang nie, is jy welkom om InSHoor se kliëntediens te kontak, of jy kan enige tyd registreer by www.avbob.co.za waar jy jou dokumente self kan aflaai

Finale Woorde:


Sjoe, dit was nou ‘n mond vol ne. Dankie vir jou geduld – Is daar enige vrae of bekommernisse wat ek kan aanspreek voordat ek gaan?Baie dankie.

As jy voel ek verdien dit, sal ek dit opreg baie waardeer as jy asb so gaaf kan wees om my diens te gradeer op ons Facebook bladsy. Soek net asb vir InShoor.

Ten slotte, onthou, ek is hier om te help, as jy dalk ENIGE vriende of familie het wat jy glo ook sal ook baat deur so polis, gee gerus vir hulle my nommer. Hulle kan net vir my ‘n Whatsapp stuur en ek sal hulle dadelik terug bel. – Gee jou Whatsapp-nommer.

Dankie vir jou tyd, baie geluk met jou nuwe AVBOB-polis, sou jy iets nodig hê kontak my asb.

Geniet die res van jou dag!

LET WEL: Maak seker dat jy die kliënt se volle naam en van bevestig voordat jy na die res van die openbaarmaking voortgaan

Voorbeeld: Indien die ooreengekome aftrekkingsdatum 20 Sept. is, sal die sin wees: Die Eerste premie sal op 20 Sept. maar op die laatste op 20 Okt afgetrek word

Indien die kliënt meer as een polis uitneem herinner hulle daaraan dat daar meer as een polis sal wees met dus sal daar veelvuldige debietorders wees.

LET WEL: Maak seker dat jy die netto salaris bevestig het en dat die premie wat jy aangehaal het nie 15% van sy/haar salaris oorskry nie en dat die salaris wat op Polar vasgelê is die korrekte NETT-salaris is.